Sonskyn Kunsmis vervaardig vloeibare kunsmismengsels met UAN as primêre bron van stikstof (N). UAN het verskeie vorms van stikstof en word stadig vrygestel (“slow-release”)
Die fosfate (P) in ons vloeibare mengsels is afkomstig van fosforsuur en die kalium (K) vanaf kaliumchloried
Swael, in die vorm van ammoniumsulfaat kan ook by verskeie vloeibare mengsels gevoeg word en sink word standaard by al ons NPK vloeibare mengsels gevoeg
Soos met die korrelprodukte, word finale produkte gereeld deur ‘n onafhanklike laboratorium getoets om die kwaliteit van die mengsel aan ons kliënte te bevestig en as kontrole van ons produkgehalte en produksieprosesse
‘n Produkmonster van elke vrag vloeibare kunsmis word geneem, duidelik gemerk en vir 2 jaar gehou
Sonskyn Kunsmis verskaf 10 000 liter, vertikale, kunsmistenks teen billike pryse aan ons kliënte