GESKIEDENIS

Sonskyn Kunsmis was die breinkind van Attie van der Westhuizen en Jaco de Wet, wat albei afkomstig was van Sasol. Attie was voorheen farbrieksbestuurder by Sasol aanlegte en ook betrokke by die oprigting en opgradering van talle aanlegte soos bv. Potchefstroom, Kimberley, Reitz, Vrede, Secunda en Endicot. 

Jaco was op sy beurt 'n landboutegnikus wat later as bemarker by Sasol aangesluit het. Met die droom in hulle harte en na deeglike beplanning het hulle 'n afspraak met André Tonkin gemaak en hul droom met hom gedeel. 

André Tonkin, is soos aan almal bekend, 'n man wat potensiaal kan sien as dit voor hom staan, soveel te meer as dit 'n bydrae sal lewer tot dit wat hom uiters na aan die hart lê, nl boerdery in al sy fasette. 

Andre, wat self al vir jare besig was om met bestaande maatskappye besigheid te doen en te onderhandel, het met Attie en Jaco se besoek die ideaal geopper om 'n eie aanleg op te rig. Konkurente het by aanhoor hiervan, dit as nietig en belaglik afgemaak, maar die manne met 'n passie vir dieselfde saak, het die teendeel bewys.

Jan Pretorius word aangestel as uitvoerende hoof en mentor van Sonskyn Kunsmis. Sy jarelange ondervinding en sukses in sy eie landbou onderneming lê die grondslag van die besigheidbeginsels waarmee hy die maatskappy op ‘n besonderse en dinamiese manier in woord en daad lei.
"Some people dream of great accomplishments, while others stay awake to do them" - Anonymous

2003

Sonskyn Kunsmis huur die ou Voermeester geboue en perseel wat toe reeds 7 jaar ongebruik en leeg staan. Die perseel is ontbos, gate opgevul en terrein is gelykgemaak.  Die vloeibare aanleg word in 11 weke opgerig. Twee 30-ton reaktors word ontwerp en gebou vir die mengproses. Aanleg word amptelik geopen op 1 September 2003 en produksie begin in alle erns.  Sonskyn Kunsmis lewer 10,000-ton vloeibare produk vir die seisoen.

2004

Die perseel word gekoop teen die einde van 2004.

2005

Oprigting van Ureum-stoor met roumateriaal tip fasiliteit. Tegniese dienste met pyp en onderdele vir kunsmis spuite word verskaf.

2006

Fosforsuur stoorplek word gebou.

2007

Oprig van UAN aanleg met ‘n dam wat 3,000-ton kan stoor.

2008

Sonskyn Handel (winkel) open deure en verskaf ‘n waardevolle diens aan ons bestaande kliënte, asook pyp, pypdele en onderdele.  Begin met ‘n 3-jaar projek vir die uitbreiding van die fosforsuur stoorkapasiteit.

2010

Nuwe, moderne kantore gebou en in gebruik geneem. Plaveistene word om die fabriek gelê en mooi tuin uitgelê.  Addisionele parkering word opgerig vir personeel. Pallisade heining en nuwe naambord word aangebring.

2011

Mapco Plaaskaarte en Presisieboerdery word deel van die Sonskyn Kunsmis groep. Kragopwekker aangekoop en geïnstalleer om die hele aanleg en kantore van elektrisiteit te voorsien tydens gereelde kragonderbrekings en beurtkrag

2012

Die nuwe korrel aanleg open op 1 Augustus 2012.

2013-14

Vloeibare aanleg en bins word opgegradeer. September 2014 – 3,000-ton UAN dam se binnevoering skeur. Produk word inderhaas uitgery en by boere gestoor om verlies en omgewingskade te voorkom. 3,000ton UAN stoordam word afgebreek en vervang met kunsmis stoortenks, wat binne die dam se sirkel-fondasie en keermuur opgerig en gekoppel word.

2019

Bestaande 1-ton mengers in die korrelaanleg word vervang met elektroniese mengaanleg en versakkingseenheid, wat tot 40-ton per uur kan verwerk.  Stoorkapasiteit vir klaar versakte produk word uitgebrei.

2019

Teen die einde van 2019 het ons besluit om die handelsmerk op te knap en te moderniseer, met die oog op ‘n nuwe, uitgebreide bemarkingstrategie.

Vennote in volhoubare landbou

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Warning: PHP Startup: Unable to load dynamic library 'mysqli.so' (tried: /opt/cpanel/ea-php81/root/usr/lib64/php/modules/mysqli.so (/opt/cpanel/ea-php81/root/usr/lib64/php/modules/mysqli.so: undefined symbol: mysqlnd_global_stats), /opt/cpanel/ea-php81/root/usr/lib64/php/modules/mysqli.so.so (/opt/cpanel/ea-php81/root/usr/lib64/php/modules/mysqli.so.so: cannot open shared object file: No such file or directory)) in Unknown on line 0