Kry jy jou geld terug? Of selfs beter – ‘n dividend? Hierdie vrae word daagliks gevra en is gereeld die onderwerp van ‘n ernstige debat onder boere. Hoekom dan? Want my resultate en joune verskil...jaarliks...
Juis dáárom het Sonskyn Kunsmis in die 2015 plantseisoen begin met sojaproewe.
Proewe word jaarliks herhaal om ‘n breë spektrum van inligting in te win, aangesien seisoene verskil en dus resultate ook.
Proefpersele word bepaal deur verskillende behoeftes en ook ons kliënte se huidige praktyke.
Daar is:
In dié streng proses, poog ons om die konstantes dieselfde te hou, bv. planter, tipe grond, saad en spuitprogram. Saam met dit alles word die resultate onafhanklik hanteer en verwerk.
Hierdie proewe het oor die jare baie interessante resultate opgelewer.
In 2018 het Presisie boerdery maatskappy Mapco betrokke geraak. Hulle het die kontroles getrek wat sonder kunsmis geplant is, voor plant en na oes ontledings. Resultate was werklik insiggewend.
Ons sien uit na hierdie jaar se ontledingsresultate om vergelykings te tref teenoor laasjaar. Met slegs een jaar se resultaat kan ons al die afleiding maak dat daar nie ‘n beduidende kostebesparing is om sonder kunsmis te plant nie. Die verlies van elemente (sou die “P” en “K” omgeskakel word in Rand-terme) is meer as die besparing.
Hierdie is ons vyfde oes wat nou gestroop gaan word en ons kan met nog meer kundigheid aanbevelings en raad gee. Dis nie altyd raadsaam om veranderings met slegs een jaar se resultate te maak nie.
Sonskyn Kunsmis is tans besig met bemestingproewe om die beste bemesting potensiaal daar te stel.
Daar is groot opgewondenheid oor hierdie jaar se resultate, aangesien ons twee of drie nuwe ‘goedjies’ beproef. Ons sal egter geduldig moet wag vir die resultaat, maar soos hulle sê……… Hou hierdie spasie dop!
Vir meer inligting rondom hierdie proewe en die resultate, kontak gerus vir Jaco de Wet - 082 903 7033
Ons het in 2020 seisoen, op versoek, die mikro-elemente, boor en molibdeen gebruik in ons bemestingsproewe. Die proewe is vroeg in Mei gestroop en die resultate sal eersdaags beskikbaar wees. Kontak Jaco de Wet vir meer besonderhede - 082 903 7033