Sonskyn Kunsmis vervaardig korrel kunsmismengsels met hoofsaaklik KAN28 as die hoofbron van stikstof (N). KAN28 kan ook met Ureum vervang word as hoof stikstofbron
Ons verskaf verskeie geregistreerde NPK korrelmengsels, sowel as skoon (‘straight’) stikstof, fosfaat, kalium en mikro-elemente - wat vir regstellings gebruik word
Swael, in die vorm van ammoniumsulfaat kan ook by verskeie korrelprodukte ingemeng word en sink word standaard by al ons NPK korrelmengsels gevoeg
Sonskyn Kunsmis se korrelprodukte word op bestelling as volg verpak: 50kg, 500kg massa sakke, 1ton massa sakke en ook 50kg sakke in 1ton “sling bags” of op palette
Ons nuwe korrelaanleg vergemaklik ‘n vinnige omskakeling tussen verskillende produkte
Finale produkte word gereeld deur ‘n onafhanklike laboratorium getoets om die kwaliteit van die mengsel aan ons kliënte te bevestig en voorts as kontrole van ons produkgehalte en produksieprosesse
Gereelde inspeksie word deur Graan SA uitgevoer in samewerking met die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye - wat ook monsters van ons produkte neem en laat toets. Hierdie resultate word direk aan die boer gestuur